Ondersteuners Klub

HOËRSKOOL HUGENOTE - ONDERSTEUNERS KLUB (HOK)

Geagte Hugie-ondersteuner

Dit is vir Hoërskool Hugenote ’n besondere voorreg om u uit te nooi om deel te word van die Ondersteuners Klub (HOK).

Om van hierdie inisiatief ’n sukses te maak, is dit van kardinale belang dat ons soveel moontlik ondersteuners betrek. U betrokkenheid sal ’n wesenlike bydrae lewer tot die voortbestaan en groei van ons skool.

Die Ondersteuners Klub is gestig met die doel om die welvaart en volhoubare ontwikkeling van Hoërskool Hugenote te bevorder.

Doelstellings

Die HOK stel hom ten doel om die volgende te bereik:

  1. Om die belange en welsyn van Hoërskool Hugenote te bevorder, insluitend huidige en voornemende leerders, personeel, die skoolterrein en alle sportgeriewe.
  2. Om Hoërskool Hugenote se voortbestaan as ’n Afrikaanse opvoedkundige instelling te beskerm.
  3. Om voldoende fondse te genereer ten einde ’n volhoubare program te vestig vir die verbetering, instandhouding en uitbreiding van die skool se geboue, terrein en toerusting.
  4. Om langtermynstrategieë te ontwikkel wat die welvaart en vooruitgang van die skool en onderwys in die algemeen bevorder.
  5. Om die skool se akademiese, sport- en kulturele aktiwiteite te bemark en uit te bou.
  6. Om kommunikasie en samewerking tussen huidige leerders, oudleerders en die breër gemeenskap te versterk.
  7. Om beurse en lenings aan huidige en toekomstige leerders van Hoërskool Hugenote toe te ken.
  8. Om bogenoemde doelwitte te bereik deur ’n goed gestruktureerde ondersteunersklub.

HOK groete