Die legende leef voort

Skoollied:

C.M. Van den Heever

hugies skoollied mp3.mp3


Oud Hugie?

Kliek hier

U is besoeker No: nommer

Kliek hier

Hoërskool Hugenote

Welkom by Hoërskool Hugenote.


Ons glo elke kind is spesiaal en karakter en uitnemendheid

word hier gekweek.


Deur  Hoërskool Hugenote jou skool te maak,

gee jy die eerste stap in die rigting van sukses.


Hoërskool  Hugenote  :  DIEN ñ IDEAAL!


Die geleenthede  wat HUGENOTE vir jou kan bied, is so wyd soos die talente van verskillende superhelde op die silwerdoek en in strokiesprente.  


Maar daar is EEN groot verskil: Hierdie geleenthede is eg!!  Dis nie ‘n storie nie!!  Dis gebaseer op feite, nie fiksie nie.

Elke mens het sy plekkie in die son.  God skape elke mens om uniek te wees en sy eie talente te ontwikkel.  Soms probeer ‘n mens jouself uitplant om jou potensiaal op ‘n ander plek te bereik, maar eintlik

draai jy jouself ‘n rat voor die oë.  


SUPERMAN is wel as KAL-EL op die planeet, Krypton , gebore, maar nadat ‘n boer en sy vrou hom as baba ontdek en aangeneem het, was hy gelukkig in METROPOLIS en het floreer as ‘n goeie seun.


As jy ge-rat wil wees vir die moderne lewe, Oos-Randertjie in murg en been, bly hier by HUGENOTE.  Wat ookal jou talent of superkrag is, ons het plek vir jou.  Selfs as jy nog wonder waar jou kragte lê, is jy ook welkom hier, want ons maak superhelde uit gewone kinders.


Dit is natuurlik baie makliker om ‘n strokiesprent te lees of ‘n fliek oor ‘n superheld te kyk, maar as dit by jou toekoms kom, moet jy liewer hier lees.  Hou HUGENOTE dop deur die jaar.  Lees koerante, sluit aan by ons FACEBOOK-groep, installeer die KOMMUNIKEERDER of kom kuier vir ons.


Ek vra jou om metodies te wees in jou benadering om ‘n skool te kies.

Wees ingelig!!!  Kry die ware feite!!

Ek hoop ek sien jou spoedig in jou HUGIE-uniform, gereeds om as ‘n superheld hier uit te stap aan die einde van jou skoolloopbaan.


F. H. Styger

Hoof                   



WELKOM  BY HOëRSKOOL HUGENOTE

Mnr & Mej Hugie 2014

Vir foto’s en inligting, kliek hier